Montaigne Foxcroft

Send Message

Maak mooi in Afrikaans

‘n Eenvoudige meisiekind
Al meer as een keer deur die lewe half verslind
Gedagtes altyd aan die woel
Dis tweede natuur om emosies in oorvloed te voel.
Skaterlag is die orde van die dag -
Gooi eerder ‘n blinde oog en ‘n dowe oor
As om te vra hoe dit met iemand gaan wat alles verloor.
‘n oormate vreugde ween, ‘n oormate smart lag...
Die lewe is kort, ons almal se vonnis is op geskort
Tel jou seëninge en wees lief vir die mooi gedaantes wat jou omring
Die dae is getel, in ‘n oogwink verander gedaantes in geraamtes en jy is die een wat by die begrafnis sing.
Hier ontmoet my pen die papier en die punt van my skryf werk is nie om jou dag met tragedie te kom versier
Maar eerder om jou te maak regop sit – pen orent
Waak teen dinge wat uit is om jou te skend.
Die mense in die straat wat blyklik baljaar is half aan die slaap
Gryp jou lewe vas met altwee hande, streef om hierdie wêreld nooit na te aap.
Ek is tien teen een net so dwaas soos enige kwaad naas,
Maar ek sien die meisiekind wie ek gaan wees
Deur niks en niemand vas gebind, net gevul met gees.
Ek sien uit om berge te klim
En om te reis
En te leer wat dit in hierdie lewe is wat my laat uit basuin - “ek is tuis en alles is pluis."
255 Total read