My liefde vir jou
is soos 'n woedende see
wat nie weet wanneer om te stop nie
-
wild,ontembaar,eindeloos.
Dit beuk teen die oewers van rede
en sleep alles saam in sy stroom.
Daar is geen rus daarin nie,
net diepte,net beweging,
net die verlange om nooit genoeg
te wees nie.
My liefde vir jou
is soos 'n swart gat
wat nie weet wanneer om op te hou
om alles op sy pad te verswelg nie.
Dit trek lig,klank,tyd in-
verskind afstand,vrees en trots.
Dit is genadeloos,
nie om te vernietig nie,
maar om vas te hou,in te sluk
alles wat jou aanraak.
Dit is nie sag nie,
maar dit is eg.
Dit vra nie vir grense nie,
dit is net-
altyd besig om te groei,
altyd meer.