Gerhardus Keen

Send Message

Die drie uur ding

Wat is dit met drie uur ding
en slaap wat 'n mens ontwyk
en dan is dit ook die "donker uur"
wanneer die meeste mense beswyk
selfs Paul Simon het daaroor gesing
in sy "Sound of silence" - wel bekend
toe hy sy lied se woorde skryf,
"Hello darkness, my old friend."
Ek wens ek het sy talent gehad
om die woorde so te laat vloei
sodat, wanneer mense my woorde hoor
ek hulle ook so kan boei
Om my hart in woorde uit te stort
in hierdie - drie uur in die oggend - ding
en dan vir geslagte na mekaar
hoor hoe hulle my liedjie sing
Hoewel ek nie deur strate loop
wat van keistene gemaak is,
dwaal ek in my gedagtes rond
en smag ek na die rus
In my geestesoog sien ek dan
tienduisend mense, dalk nog meer,
wat net soos ek in die donker sit
en 'n nag se rus begeer
Ons moet maar ons lot aanvaar
en ons met dit versoen
en hierdie donker nag ons vriend noem
net soos Paul Simon dit kon doen.

© Gerhardus Keen
91 Total read