Leilanie von Hagen

October 1973, Vereenging, South Africa

Terwyl Pa Nog Lewe

Pa, ek skryf terwyl Pa nog lewe
Sodat ek jou kan vra om my te vergewe
Vir elke keer wat ek jou seergemaak het
Vir elke keer wat ek jou kwaad gemaak het

Pa, ek skryf terwyl Pa nog hier is
Want eendag gaan jy vir altyd rus
En ek gaan nooit weer vir jou kan sê
Ek wou nooit 'n ander Pa hê

Pa, ek skryf terwyl Pa nog lewendig is
Sodat ek jou kan vertel dat jy my alles is
Dat Pa nog van altyd af my held was
Van die dag wat my handjie in Pa s'n kon pas

Pa, ek skryf terwyl Pa nog kan lees
Terwyl jy nog hier is in liggaam en gees
Dat ek kan sê ek het Pa lief met alles in my
En dat niemand ooit jou plek in my hart sal kry
58 Total read