Leilanie von Hagen

October 1973, Vereenging, South Africa
Send Message

Sy's Gesond

Ek het 'n prent op my vel laat krap
Toe trane nie meer die pyn kon verklap
My ma is weg sy't my agtergelos
Toe groei daar in my kop 'n bos

My lewe het verander my hart gewond
'n Lekkende hart word selde gesond
Kersfees en Verjaarsdae sonder haar
Sy't my lewe geskenk sy't my gebaar

Sou ek haar in die hemel sien
Sal ek haar vertel sy't beter verdien
Meer aandag, meer liefde, meer geduld
Baie van haar hartseer was my skuld

Ek verlang na haar elke dag
En huil ontroosbaar soms in die nag
My vel is geskend my hart gewond
Maar ten minste is Ma nou gesond
239 Total read