Leilanie von Hagen

October 1973, Vereenging, South Africa
Send Message

Supermark Kind

Ek sien 'n arm kind
Klouend aan 'n seer pa se hand
Kaalvoet, stukkende klere, vuil
My eie pa se oë volg hulle
Ek weet wat hy dink
Want ek dink dit ook

My pa se beursie is duk van note
Myne is aansienlik dunner
Die seer pa s'n sieklik leeg
Ek kyk in my pa se sagte groen oë
Ek sit my hand op sy skouer en sê:
"Dad, een mens kan nie die wêreld verander nie"...
194 Total read